! Printables for Preschoolers from $1 ! CLICK NOW!

Diepte skatting

Stephanie Ungerer
Diepte skatting

Diepte skatting

Hierdie legkaart is geskik vir kleuters van omtrent vier jaar en ouer. Die legkaart bestaan uit 'n 26 by 26 cm vierkant met sestien holtes. Daar is vier groot vierkante en vier kleineres. Elkeen van die vier het 'n verskillende dikte, en moet in die regte hote geplaas word sodat almal gelyk is aan die bokant. Daar is ook vier groot reghoeke en vier kleiner reghoeke.

My kleuter gooi al die blokkies uit, sy neem dan al die blokkies van 'n spesifieke kleur, sit dit bymekaar van dun na dikker tot dikste. Daarna bepaal sy in watter holte elkeen sal inpas. Wanneer 'n blokkie in die holte geplaas is moet sy eers seker maak dat dit wel 'n klein entjie uitsteek.

Die legkaart help om te onderskei tussen groot en klein, asook tussen vierkant en reghoek. Vrae kan ook gevra word om kleur te versterk, byvoorbeeld, watter jkleur is die klein reghoekies?

Author:
Diepte skatting
January 14, 2021
+25Vote! Vote!
Comments:
Comments: 1.
Register to view comments