! Printables for Preschoolers from $1 ! CLICK NOW!

Herkenning van vorm

Stephanie Ungerer
Herkenning van vorm

Hierdie legkaart bestaan uit 'n basis met vyf openinge van verskillende groote, waarin spesifieke blokkies pas. My kleuter gooi al die blokkies uit, en besigtig dan elke een om vas te stel waar dit hoort. Sy moet baie mooi oplet omdat dit slegs die groote van stafies op elke blokkie is wat die aanduiding kan gee van waar die blokkie pas. As sy die blokkie in die verkeerde opening plaas, sal dit nie pas nie. Hierdie legkaart kan ook gebruik word om te vra watter kleur stafie die langste of kortste is, asook dat die kleuter die volgorde van die kleure op elke stafie moet noem. Vrae kan ook gevra word byvoorbeeld, op watter stafie is die minste geel stafies? Of watter stafies het ewe veel rooi stafies? Vra ook watter blokkie se stafies gaan egalig na onder en watter blokkie se stafies gaan egalig na bo. Sy let ook graag hoeveel stafies of elke blokkie is, net om uit te vind dat almal ewe veel het, hoewel dit nie so lyk nie.

Herkenning van vorm
Author:
Herkenning van vorm
January 10, 2021
+25Vote! Vote!
Comments:
Comments: 2.
Register to view comments